Buffelsfontein Geweersak

R2,035.00

Ons seil geweersak se kante is met hoë digtheid spons opgestop om jou roer en teleskoop veilig te hou, al laat val een van jou dronkgat pêlle dit van die bakkie af. Die sakke aan die buitekant is groot genoeg vir alles wat jy saam met jou op jag wil neem, wat nie in ‘n koelboks hoort nie; ammunisie, mes, rowwebliksem, baadjie en ‘n ekstra onderbroek. Dit het ook ‘n interne sakkie vir jou knaldemper wat met raassluitstroke toemaak. Aan die agterkant is twee wegsteekbare bande sodat jy die sak soos ‘n rugsak kan dra.

 

1 in stock

SKU: GS_01 Category: